Wys jou liefde vir jou boetie en sussie
Het jy al vandag vir vir jou boetie of sussie gesê dat jy lief is vir hulle? Jy kan dit ook vir hulle wys! Teken ’n prentjie hier van wat jy kan doen – én doen dit!
Laat hierdie bladsy jou motiveer om uit te vind wat jou boetie of sussie regtig nodig het. Dalk sukkel hulle met hul huiswerk, huistakies of vriendskappe. Dalk kan jy help om die masjien uit te pak, ‘n nuwe boek oor te trek of hul kosblikke te pak. Dink aan nog iets en teken wat jy beplan om hulle te wys jy het hulle lief!