Kom ons wees eerlik
In vandag se moderne wêreld – veral met sosiale media – is die versoeking groter as ooit om te jok: om ’n bietjie te oordryf, om vriende te beïndruk, om die “vrede te bewaar,” of om gevolge vry te spring. Die Bybel leer egter dat om te jok, sonde is, en dat eerlikheid saak maak omdat dit iets van God se karakter vir ons uitbeeld.
In hierdie Bybelstudie leer jy oor die volgende:
- Wat sê God oor leuens?
- Wat sê God oor Homself?
- Wat is God se opdrag vir ons?
Hierdie Bybelstudie is ideaal vir ouer kinders om op hul eie te doen. Laai dit hier af.

