Koop
Kruiskind is 20 bladsye propvol inhoud wat direk vanuit die Bybel saamgestel is. Elke keer rondom ’n nuwe tema. Die inhoud is pret én leersaam. Hierdie aktiwiteitsboek het iets vir elke kind! Dink aktiwiteite, inkleurprente, raaisels, woordpret en lesse uit die Bybel. Kinders kan direk op die tydskrif skryf en teken. En om jou te laat uitsien na elke volgende uitgawe – wat elke kwartaal uitkom – het ons ’n spesiale harde agterblad met kaartjies wat jy kan versamel.

Die tweede Kruiskind is nou beskikbaar by die Admin Buro in Potchefstroom. Hierdie uitgawe se tema is water – leer oor Jesus wat die Lewende Water genoem word, die wonderwerk waar Jesus die storm stilmaak, en meer oor Jesus en sy dissipels. In dié uitgawe kyk ons na die dae wat God die see en alles daarin gemaak het.
Elke tydskrif kos R30. ’n Minimale bedrag! Natuurlik moet jy dan ook die afleweringskoste in ag neem. Kruiskind is te koop direk by die GKSA in Potchefstroom. Jy stuur ’n e-pos, ons stuur ’n faktuur, jy betaal. As jy nie in Potchefstroom is nie, stuur ons dit vir jou per koerier.

Die eerste Kruiskind is beskikbaar by die Admin Buro in Potchefstroom. Hierdie uitgawe kyk na die tema van wapens in die Bybel. Van die onderwerpe is Dawid en Goliat, die wapenrusting, en die Bybel en gebed as ’n wapen.