Aktiwiteit

Werkblad: Moets en moenies in die kerk

In hierdie werkblad skryf kinders neer wat hulle dink jy moet in die kerk doen, en wat jy nie moet doen nie. Die idee is nie dat hulle dink die kerk het so klomp reëls nie, as om hulle aan basiese gedrag in die kerk te laat dink.

’n Paar voorbeelde is: Sing lekker saam / Moenie hardop praat nie / Maak jou oë toe as die predikant bid / Moenie rondhardloop in die kerk nie! / Luister na wat die predikant sê … en so aan. Julle kan die antwoorde so laf of ernstig maak as wat julle wil!

Daarna dink julle aan wat die belangrikste is, byvoorbeeld om mooi te luister dat jy meer van die Here leer, en maak dan ’n plakkaat daarvan!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui