Ouers

Wat sê die Bybel oor kerk toe gaan?

In hierdie artikel kyk Kruiskind na wat die Bybel sê oor hoekom ons kerk toe moet gaan. Gebruik hierdie verse om jou kind te help verstaan.

deur Carmi Steyn


Meeste mense vra vandag die vraag: “Waarom moet ek kerk toe gaan?” Meestal is dit nie omdat mense die antwoord weet nie, maar omdat hulle flou verskonings het om nie te gaan nie. Dikwels het mense die goue verskoning dat hulle Jesus in hulle lewe het. Hulle verhouding met Hom is op standaard. So waarom moet ek kerk toe gaan?


Die Bybel leer ons hoekom ons moet kerk toe gaan

Wat egter vergeet of geïgnoreer word, is dat die Here Jesus in sy Woord dit duidelik maak dat dit belangrik is om deel van ’n gemeenskap te wees – en deel te neem!

Die volgende gedeeltes in die Woord behoort daarom elkeen aan te spoor om by die kerk van die Here te wil vergader, en nie agter flou verskonings weg te kruip nie.

1. Die Here het kerk toe gegaan – en dit was sy gewoonte!

Lukas 4:16

Toe Jesus in Nasaret kom, waar Hy grootgeword het, het Hy op die Sabbat na die sinagoge gegaan, soos sy gewoonte was.


2. Sondag is die Opstandingsdag van die Here

Handelinge 20:7

Toe ons op die eerste dag van die week [Sondag] byeenkom het om brood te breek,


3. Kerk toe te gaan is ’n gebod van die Here

Eksodus 20:8-10

Gedenk die Sabbatdag deur dit heilig te hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is ‘n Sabbat ter ere van die Here jou God.


4. Die kerk is die Here se huishouding – Hy maak jou deel daarvan

Efesiërs 2:19-22

So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar julle is medeburgers van die heiliges, en lede van die huisgesin van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, met Christus Jesus self as hoeksteen. In Hom verrys die hele gebou, goed saamgevoeg, tot ‘n heilige tempel in die Here. In Hom word julle ook saam opgebou tot woonplek van God deur die Gees.

1 Timoteus 1:3:15

Maar as ek vertraag word, moet jy weet hoe jy jou moet gedra in die huishouding van God: dit is die kerk van die lewende God, ‘n pilaar en ‘n fondament van die waarheid.


5. Die Here praat met ons deur sy Woord en Gees in die kerk

Romeine 10:15

Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig?

Openbaring 2:7, 11, 17, 29; 3:5, 13, 22

Laat dié wat ore het, luister na wat die Gees aan die gemeentes sê.


6. Moenie kerklos of kerkloos of selfs goddeloos wees nie

Hebreërs 10:24-25

Laat ons ons ook daarop toelê om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade, sonder om ons eie samekoms te verwaarloos, soos sommige se gewoonte is;”

1 Petrus 2:2

en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing,

Johannes 8:47

Wie uit God gebore is, luister na die woorde van God.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui