Die wysheid van Agur wat moeg gedink is
Het jy al so baie oor iets gedink dat jou kop moeg voel? Dis presies hoe Agur gevoel het! Hy wou God probeer verstaan en verduidelik, maar toe besef hy dat God te groot is vir ons verstand.
Ons weet nie veel van Agur nie. Maar in Spreuke 30 skryf hy hoe moeg hy geraak het van al die dink oor God. Laai hierdie Bybelstudie af en leer meer oor Agur en hoekom ons menslike verstand God nie kan verstaan nie.
Doen-aktiwiteite
Nadat julle die leerles gedoen het probeer gerus een van hierdie aktiwiteite:
1. Waaroor wonder Agur?
Lees saam Spreuke 30:1-4 en skryf al die vrae wat Agur vra neer. Dink nou oor hierdie vrae van Agur en of jy ook daaroor wonder, of waaroor jy nog wonder. Gesels saam jou ouers daaroor.
2. Maak ’n dink-boks!
Kry ’n skoendoos en skryf bo-op: “Wat ek nie kan verstaan nie”. Skryf papiertjies met vrae oor God of die lewe wat jou kop moeg maak en sit dit in die boks. Bid daarna en sê: “Here, U weet die antwoorde – ek vertrou U.”
3. Memoriseer ’n teksvers
Leer Romeine 11:33 uit jou kop. Elke keer as jy dit opsê, dink daaraan dat God se wysheid oneindig is.
O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!
Wil jy graag hierdie Bybelstudie in Engels lees?
Lees ’n artikel oor Agur waarop hierdie Bybelstudie gebaseer is: